
=====================================================================
Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap

In die Oos-Kaap word Afrikaans geag en ondersteun op maniere wat inspireer, s Gerda Coetzee.

DIE Oos-Kaap is nie bekend vir sy Afrikaansheid nie; trouens, Port Elizabeth staan nog al die jare bekend as 'n "Engelse stad". Min mense 
weet dat daar meer Afrikaans- as Engelssprekendes in Port Elizabeth en die Oos-Kaap woon.

Die Engelse invloed sedert 1820 en die feit dat die baie groot Xhosasprekende bevolking van die provinsie hoofsaaklik Engels as tweede taal 
in die skool neem, het natuurlik die indruk versterk. Die Oos-Kaap en veral Grahamstad is die setel van verskeie invloedryke Engelse 
privaat skole. Dit laat jou nogal regop sit wanneer jy die dag deur die ler blaai wat gebruik word vir die daaglikse advertensies van 
gemeenskapsgebeure vir die streeksprogram Tjailatyd en jy kom af op 'n kennisgewing van die St Andrews Prep School se   kermis -- in 
keurige Afrikaans! Die versoek daarby is beleef en beslis: Vir gebruik op Radiosondergrense!

Wetenskaplik kan ek dit nie verantwoord nie, maar my senings s: dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap. Jy kan natuurlik talle en 
talle negatiewe gebeure ook aanhaal. Wat my die moedeloosste maak, is die kennisgewings wat vir die einste Tjailatyd opdaag van verenigings 
en instansies waar jy voor jou siel weet die verantwoordelike sender is Afrikaanssprekend, maar die kennisgewing ontvang jy in Engels.

Iets wat baie vreugde gee, is my Xhosasprekende kollegas by die SAUK se houding teenoor my as Afrikaanssprekende. Hoewel baie van hulle in 
die Transkei en die Ciskei grootgeword het, groet en gesels talle van hulle met my in Afrikaans. Voor 1994 het baie min van hulle laat blyk 
dat hulle Afrikaans verstaan. My "molo" word dikwels begroet met 'n "hoe gaan dit, Gerda?"

Die afgelope paar weke was dit asof daar 'n Afrikaans bewuswordingsveldtog posgevat het. Verskeie geleenthede, almal gerel rondom 
Afrikaans, het plaasgevind. Grey High School   hou 'n Ernst van Heerden gedenkaand vir al die Afrikaans Eerste Taal-leerlinge en hulle 
ouers. Veertien seuns lees o.a. hulle oorspronklike gedigte, almal met pryse bekroon, in Afrikaans voor. 'n Posie-aand waar 'n siklus van 
gedigte in die Kunsmuseum deur Trudie Wegner   voorgedra word, verkoop al 130 kaartjies.

Riana Scheepers kom   Dogters van Afrika,   wat sy saamgestel het, hier bekendstel. Die geleentheid word gerel deur die musiekdepartement 
van die parallelmedium Laerskool Summerwood en 'n   veeltalige gehoor koop al die kaartjies. Die aand is sy gasspreker by 'n sjerrie-en-
sopaand wat die Afrikaanse Kultuurraad van Port Elizabeth rel. Weereens is daar geen gebrek aan kopers vir die kaartjies nie en die 
boekverkope die middag en aand kom op 56 te staan.

Die Burger   Oos-Kaap se verkope het die afgelope paar jaar dramaties gestyg. In Junie 1994 was die sirkulasie 10 826; in Junie 1997 18 
998.

'n Nuwe teatergroep met die naam Kaleidoskoop   is pas in Port Elizabeth gestig om Afrikaanse toneelwerk platteland toe te neem. 'n 
Afrikaanse toneelstuk, aangebied deur 'n Afrikaansmedium skool, het vanjaar die Oos-Kaapse Jeugdramafees gewen wat deur Kruik aangebied is. 
PEAAT (Port Elizabeth Afrikaanse Amateur Toneel)   bestaan meer as vyftig jaar en het vanjaar een volskaalse toneelopvoering en twee storie-
aande gehad.

Hoe dit met Afrikaans in die Oos-Kaap gaan? Redelik tot goed, dankie. Gerda Coetzee   is 'n bekende radio-omroeper en rubriekskrywer in Die 
Burger.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5113.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

